Elizca Stemmetvoer 'n onderhoud met Koos kombuis op www.willeklong.co.za
Hier is so uittreksel uit die gesprek:
Lisa se klavier, wat is die oorsprong van hierdie song en het jy ooit gedink dat dit so ‘n bekende en favourite SA song gaan wees?
Dit was ‘n simpel rympie wat ek vir ‘n vriendin geskryf het. Nooit gedink dit sal ‘n hit word nie.
(Elizca: Wens iemand skryf vir my eendag so ‘n rympie)
Steve Hofmeyer wat deesdae so in die nuus is, enige iets om hier oor te sê?
Ek hoop Esmare trek hom kaal uit in die hof. Wel, nie letterlik nie. Maar dit was ‘n moerse onbeskofte ding, om haar met ‘n koppie tee te gooi. En wie drink anyway tee as jy by Sun City gaan kuier? Brandewyn of bier sou beter styl gewees het.
(Elizca: Whahahahahahahahahaha)
Jy het baie opinies en uitlatings en soms ontstel jy die Suid-Afrikaners verskriklik, is hierdie optredes en uitlatings net sodat jy in die nuus kan bly sodat mense nie van jou vergeet nie?
Die meeste goed wat ek kwytraak sou in enige beskaafde land geen opspraak verwek nie. Om die een of ander rede word Afrikaners baie maklik geskok deur die kleinste ou dingetjies. Ek wens dit was nie so nie, want ek wil nie so baie in die nuus wees nie. Wel, ten minste nie om sulke simpel redes nie.










