'n Fondsinsamelingskonsert vir Mathys Roets wat op 18 Junie om 19:00 by Pierneefteater aangebied word:
Die kunstenaars is Carel Trichardt, Petru Wessels, Piet van Wyk de Vries en Annecke Redelinghuys. Alvier hierdie kunstenaars het op hul eie manier ‘n verbintenis met Mathys. Mathys se eerste solo-optrede was in die middel negentigerjare by Carel en Petru se Die Teaterhuisie terwyl Piet en Annecke nie alleen self sangers is nie, maar ook liedjies geskryf het wat op Mathys se CD’s opgeneem is. Annecke het oa Dwergieman en Lyf geskryf wat dikwels deur Mathys tydens vertonings gesing word. Van Piet is daar op Mathys se nuutste Afrikaanse CD – Fluister – nie minder nie as 8 liedjies opgeneem. Van hierdie liedjies wat dikwels tydens Mathys se optredes gehoor word, is oa Mariëtte se Wals, Fluister, All that matters en ‘n Man se liedjie. Kom ondersteun asb en help so hierdie vier kunstenaars om met hulle gratis optrede vir Mathys een van sy verlore optredes se inkomste vir hom te vervang totdat hy weer self kan begin optree. Al Mathys se CD’s en DVD’s sal op die aand hier te koop wees.










