Februarie skop af met ‘n uitgekoopte optrede deur Bobby van
Jaarsveld. Vir al die teleurgesteldes is daar die nuus dat Bobby weer
op Wo 9 Junie by Pierneefteater kom optree, bespreek dus sommer
vroegtydig daarvoor. André Swiegers is na ‘n geruime tyd op Vr 5 Feb
weer hier, kom luister gerus. Vir die res van Februarie is daar
komedie, kinderteater op 20 Feb, nog heelwat musiek en ook ‘n heerlike
kosprogram op Sa 27 Feb 10:00 saam met Tossie Lochner en Lochner de
Kock waar jy selfs kan kom proe aan wat hulle op die verhoog
voorberei.
Loer gerus ook na wat in Maart voorlê met ‘n hele verskeidenheid
kunstenaars, daar is alreeds bietjie nuus daaroor onderaan hierdie
epos.
Heel onderaan is daar ook ‘n uitnodiging na ‘n MMus konsert van
Deirdre Blignaut (sopraan) op Vr 12 Feb – gratis toegang vir ‘n
optrede deur ‘n baie talentvolle sangeres.
Groete en goeie wense.
Jopie
(012)329-0709
PIERNEEFTEATER
Palet no 2 van 2010
FEBRUARIE
Bobby van Jaarsveld met volle orkes Do 4 Feb 19:00 R100 VOL
André Swiegers Skrywer van liedjies soos Blou, Take me where the sun
is shining, Die tyd sal leer en Hoe draai die wind dan nou
Vr 5 Feb 19:00 R80 / R60
Bekendstelling van digbundel deur Everline van Dyk – hoe vou die lig
in
Sa 6 Feb 18:30 vir 19:00 Toegang gratis, ligte verversings en
kontantkroeg
Ai Meraai en Bruidjie Dit en Dot Marga van Rooy met Mikro-
sketse: Marga speel menslike en komiese karakters soos Tant Bella wat
mans soek vir haar en haar dogters en die orreliste Susara wat die 80-
jarige oom Gawie Diepwater se oog vang
Sa 13 Feb 10:00 R70 / R60
Valentynskonsert met Helene Bester Klavier: Lafras van der Watt
Luister by kerslig na Helene se bekendste liefdesliedjies.
Verrassingsgeskenkies
Sa 13 Feb 19:00 R85 / R75 Bring jou eie piekniekmandjie
Etienne Fourie sing oa Koos du Plessis en ook liedjies in Japannees
Do 18 Feb 19:00 R50 / R40
Wielie Wielie Walie Enteractive Productions
Sarel Seemonster, Karel Kraai en Bennie Boekwurm met stories, grappies
en liedjies saam met ’n splinternuwe maatjie Kwaggatjie Wagga Wagga
Kwag
Sa 20 Feb 10:00 R50pp
Hoe ’n man se kop werk KKNK 2010
Skreeusnaakse komedie met Altus Theart (Getroud met rugby, Bakgat,
Kruispad)
Wanneer sy verloofde hom los, luister Bobby na raad van ouens soos
Vinnige Freddie, Die Kolonel en Oom Kallie Langeveld om uit te vind
hoe ’n vrou se kop werk
Vr 19 en Sa 20 Feb 20:00 R80/R60 Ouderdomsbeperking: 16 jaar
Jak de Priester
Brood – Splinternuwe program met gedigte en sang
Wo 24 Feb 19:00 R90/R80
Tossie Lochner en Lochner de Kock
Twee koskenners saam op die verhoog met kosstories en komiese stories,
anekdotes, voorlesings en wenke. Geregte word op die verhoog voorberei
en die gehoor kan proe!
Sa 27 Feb 10:00 R80/R70
La Passioné Liane Heyl en Coert Grobbelaar sing oor liefde en
passie in Afrikaans, Engels, Frans en Italiaans
Sa 27 Feb 19:00 R80 / R60
Ben Eloff en Gerhard Oosthuizen sing ’n verskeidenheid: Lig klassiek,
Bocelli, Engelbert Humperdinck en Jim Reeves So 28 Feb
15:00 R50 / R40
OP DIE HORISON
*Stok Musiekmallighede en ’n perkussie-sirkus Wo 3 Maart
*Theaan Kotze Vr 5 Maart
*Rica van Aswegen en ander kunstenaars met ligte musiek Wo 10 Maart
19:00
*Daai ene met die vlerke Willie Strauss Vr 12 Maart 19:00 R70
*Herman van den Berg Sa 13 Maart 19:00
*Andriëtte Norman Do 18 Maart 19:00
*Mathys Roets Di 23 Maart 19:00 R100/R90 Pierneefteater se 7de
verjaardag
*Psalms van ’n digter Jan Blohm Do 25 Maart 19:00 R80/R70
Program onderhewig aan verandering
KAARTJIES: (012) 329-0709 of by die deur
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
www.pierneefteater.co.za
h/v Mogg + Pierneef, Villieria – op terrein van Hoërskool Hendrik
Verwoerd
Suid 25grade 43’ 25.28 Oos 28grade 13’ 00.04
Rietmark se hulp met bemarking word met dank erken www.rietmark.co.za










