Home Green Music Coenie de Villiers

Coenie de Villiers

E-mail Print
Caroline vertel ons van haar aand saam met Coenie de Villiers ...

Op die voorstoep van hierdie huis, teater, Storiehuis, word ons hartlik verwelkom deur die gasvrou. Dis my eerste keer hier, maar ons gasvrou se vriendelikheid en welkomwoorde, laat dit voel asof ons mekaar maar net lanklaas gesien het.

Ons stap binne en word begroet met gesellig gedekte tafels, waar flikkerende lampies jou uitnooi om aan te sit. Hierbinne groet almal vir almal, en kuier soos jare lange vriende.
Ons gasvrou heet almal offisieël welkom en borrel oor van opgewondenheid toe sy oor die gaskunstenaar begin vertel. En  Coenie de Villiers stap toe die vertrek beskeie binne, terwyl ons dankbaar hande klap.

Van hieraf gaan staan die tyd stil, en word ek, soos ‘n kind, meegevoer van storie tot storie. Van oomblik tot oomblik besef ek wat ‘n groot voorreg dit is om hierdie talent te mag beleef. Met soveel passie word elke lied aan ons oorgedra en kan ons maar net met verwondering en dankbaarheid, aan die ontvangkant sit.
Ek sê dankie vir hierdie oomblikke.

Na die vertoning word daar verder gekuier, en aan al die gelag kan mens aflei dat dit ‘n heerlike kuier is.

Maar tyd staan nie regtig stil nie, en dit raak tyd om huistoe te gaan. Met die terugry blink die sterre helder teen die aandhemel en sê ek dankie vir ‘n onvergeetlike aand!

Dit klink wonderlik Caroline. Red
Tags: gig interview
 
images/resized/images/stories/hslide/blockofyellow_107_107.jpgimages/resized/images/stories/hslide/kitaar_107_107.jpgimages/resized/images/stories/hslide/sam-12_107_107.jpgimages/resized/images/stories/hslide/sam-8_107_107.jpgimages/resized/images/stories/hslide/skare musiekfees_107_107.jpgimages/resized/images/stories/hslide/steve-hofmeyr_107_107.jpg
Subscribe
Podcast Feed

New