Caroline vertel ons van haar aand saam met Coenie de Villiers ...
Op die voorstoep van hierdie huis, teater, Storiehuis, word ons hartlik verwelkom deur die gasvrou. Dis my eerste keer hier, maar ons gasvrou se vriendelikheid en welkomwoorde, laat dit voel asof ons mekaar maar net lanklaas gesien het.
Ons stap binne en word begroet met gesellig gedekte tafels, waar flikkerende lampies jou uitnooi om aan te sit. Hierbinne groet almal vir almal, en kuier soos jare lange vriende.
Ons gasvrou heet almal offisieël welkom en borrel oor van opgewondenheid toe sy oor die gaskunstenaar begin vertel. En Coenie de Villiers stap toe die vertrek beskeie binne, terwyl ons dankbaar hande klap.